Boetman is Bedonnit (2005 - 2006)
'n Verhaal van gengsterism en draks...
Teks: Gideon van Eeden
Regie: Gaerin Hauptfleisch
Rolverdeleing: Abduragman Adams, Jan-Hendrik Opperman en Gary Naidoo.
Boetman was eers die bliksem in, maar in 2007 is hy skoon bedônit! Wikus Botha het pas klaar gemaak met matriek. Hy was nie goed in rugby nie tot sy pa se ergenis. Sy ma het nie van sy musiek gehou nie. Hy weet nie eintlik wat om met sy lewe te maak nie – tot die dag dat daar oor die televisie vir hom ’n lig opgaan. Toe begin die poppe dans. Wikus trek Kaap toe vir sy nuwe lewe, ’n lewe wat mens nie noodwendig met ’n wit boytjie uit die noorde sou vereenselwig nie. Die wit outjie van die plaas word ’n gangster op die Cape Flats, maar dis net die begin. Dis ‘n verhaal van wraak en weerwraak, van “drugs” en “guns”, van rasseverskille en stereotipes, van generation x en generation eks, in fact, ’n doodgewone Suid-Afrikaanse verhaal.
’n Voorskou van Boetman is Bedônit is te siene by die Klein Libertas Teater op 26 Maart om 19h00 voor dit vertrek na die KKNK.

