Boetman is Bedonnit 2 (2008 - 2009)
Die Kaap is weer Hollands!!
"Playwright Gideon van Eeden's viciously funny Boetman is Bedônit 2... is a skittishly funny exposé. Embracing new identities and cultures garners a new and younger audience for live theatre."
Diane de Beer, TONIGHT.
Teks en regie: Gideon van Eeden
Rolverdeling: Dean van der Ventel (verteller), Jan-Hendrik Opperman (Mr V aka Wikus Botha), Riaan Narshall Visman (verteller)
Boetman is nou eers bedonnit. Die tweede episode in die Boetman is Bedonnit Trilogie ("daais ampe soes the Godfather") neem Wikus Botha, A.K.A. Mr V die wille vigilante op nog 'n skreeusnaakse avontuur waarin hy toetree tot die global villiage as "Die global villiage idiot".
Wanneer die stress van die dagelikse lewe as gevaarlike, gerespekteerde gangster van die Cape Flets begin knaag, stuur die sangoma vir Mr V Nederland toe om vrede te maak tussen sy ancestors wat in verskillende kontinente spook. Hy onderneem 'n tog om so sy roots te gaan vind.
Duidelik is sy kulturele verwarring nou sterker as ooit. Op sy fiets deur die ganja newels van die Walle in Amsterdam vind hy bizarre mense en uitdagende idees en begin glo dat hy beter af is om weg te bly uit sy geboorteland, goeie ou Suid-Afrika met sy belowende toekoms en net so veel belowende politici.
Maar as hy die druk van die wereld begin voel in 'n klein landjie, en as hy ekstremiste moet afweer begin hy tot die besef kom dat die gras nie altyd groener of gouer is aan die ander kant nie.
Boetman 2 was 'n laugh-a-minute, aksiebelaaide show met lekker geniepsige sosio-politieke kommentaar. Die produksie was moontlik gemaak deur die Aardklop Nasionale Kunstefees en was onder andere ook te sien by die Cultivaria Fees in Paarl.

